top of page


Kom saam met ons na die pragtige Langkloof-vallei waar ons ’n paar rustige dae by Mount Africa Gasteplaas deurgebring het. Hierdie werkende plaas, naby Krakeelrivier buite Joubertina, bied asemrowende uitsigte oor die Kouga- en Tsitsikammaberge, knus selfsorg-eenhede, plonspoele en daardie besondere stilte wat jy net op ’n plaas kry. 🌾 👉
Bespreek hier: Mount Africa | LekkeSlaap
Like & Subscribe on Youtube Video: As jy ook hou van eenvoudige, egte wegbreke, druk daardie like-knoppie en teken in vir meer video’s oor gesinsavonture en die kuns om die klein mooi goed raak te sien. 💛 Los gerus vir ons ’n kommentaar hieronder met jou gunsteling deel van die video!

bottom of page








